05/11/2026
Hallo julle!
Ek weet ek was βn ruk bietjie stil hier op my blad, maar vandag wil ek graag iets met julle deel.
Ek het die afgelope tyd bietjie gedink oor die dinge wat ek graag in my lewe wil verander. Daardie klein goedjies wat mens altyd vir jouself sΓͺ jy gaan aan werkβ¦ maar dan raak die lewe besig en voor jy jou oΓ« uitvee, is nog βn maand verby!
En ek dink ons almal ken daardie gevoel.
Ek het besef ek wil graag βn paar veranderinge in my eie lewe maak. Ek wil meer tyd maak vir myself, beter na myself omsien, gesonder eet, meer beweeg en net weer goed voel.
En toe dink ek⦠hoekom wag tot Januarie?
Want as ek nou begin, kan ek teen Januarie al amper TWEE MAANDE in my nuwe leefstyl wees!
Ek wil nie hierdie keer met allerhande onrealistiese doelwitte begin of myself onder druk plaas om alles perfek te doen nie.
Ek wil net begin. Klein veranderinge maak, nuwe gewoontes aanleer en dit een dag op βn slag vat.
En dis eintlik wat ek vandag met julle wil deelβ¦
Ek gaan van nou af bietjie meer aktief wees hier op my blad en julle saamvat op my journey na βn gesonder leefstyl.
Ek gaan gesonde etes en maklike resepte deel, bietjie meer oor my daaglikse roetine, hoe ek probeer om meer aktief te wees, en natuurlik ook my vordering.
En ja, deel van hierdie journey is ook om βn paar kilogram af te skud, maar vir my gaan dit oor soveel meer as net die nommer op die skaal.
Ek wil graag βn leefstyl skep wat ek kan geniet en volhou.
Ek weet daar gaan goeie dae wees, maar ook dae waar ek dalk nie so goed gaan doen nie. En dis ook oukei, want dis mos hoe die lewe werk!
So, as jy ook al βn rukkie dink jy wil iets verander, dalk gesonder eet of net βn bietjie meer tyd vir jouself maak, dan hoop ek jy gaan hierdie pad saam met my stap.
Want ek wil nie in Januarie weer van voor af begin nieβ¦ ek wil in Januarie kan terugkyk en sΓͺ: Kyk hoe ver het ek al gekom!
En wie weet, dalk kan ons mekaar sommer so langs die pad motiveer!
Vertel my, is daar iets wat JY graag voor die einde van die jaar aan wil begin werk?