31/07/2026
VARS BLOMME VERDIEN 'n BIETJIE EKSTRA LIEFDE....
Hier is ’n paar eenvoudige wenke om jou blomme langer vars en mooi te hou.
💐1. Haal alle verpakking af
Gee jou blomme kans om asem te haal.
💧 2. Gebruik ’n skoon vaas
Vul dit met vars, kamertemperatuur water.
🌸 3. Voeg blomkos by
Dit gee jou blomme die voeding wat hulle nodig het om langer vars te bly.
✂️ 4. Sny die stingels
Sny ongeveer 2–3 cm van die onderkant van die stingels af, verkieslik skuins.
🍃 5. Verwyder blare wat onder die waterlyn sal wees
Blare wat in die water lê, kan bakterieë laat opbou, wat die water vinniger vuil maak en die lewensduur van jou blomme verkort.
💦 6. Hou die water vars
Vervang die water elke 2–3 dae, en vul dit aan soos nodig.
☀️ 7. Kies die regte plekkie
Hou jou blomme weg van direkte sonlig, hitte en warm lug – hulle hou van ’n koel plekkie!
Geniet die mooi 'n bietjie langer!!