Braai Adventures

Braai Adventures Traveling South Africa one Braai at a time! YouTube - Braai Adventures
(2)

🔥🌊 MAATS, ONS PATERNOSTER VIDEO IS NOU LIVE! 🌊🔥En mense, hierdie een wil julle NIE misloop nie! 😁❤️Pragtige Paternoster,...
30/10/2026

🔥🌊 MAATS, ONS PATERNOSTER VIDEO IS NOU LIVE! 🌊🔥

En mense, hierdie een wil julle NIE misloop nie! 😁❤️

Pragtige Paternoster, lekker vibes, hope pret en natuurlik daardie Braai Adventures-gees! 🔥🍖

Skakel in, kyk saam en kom geniet die avontuur saam met ons!

👇 Gaan loer nou op ons YouTube-kanaal en wys bietjie liefde met 'n LIKE, COMMENT en SUBSCRIBE!

BRAAI ADVENTURES – WAAR AVONTUUR EN BRAAI BYMEKAARKOM! ❤️🔥

😔🔥 KRAAIFONTEIN, ONS MOET ONS KUier NET EFFENS UITSTEL!Maats, ons is bitter jammer, maar ongelukkig gaan ons nie die naw...
30/10/2026

😔🔥 KRAAIFONTEIN, ONS MOET ONS KUier NET EFFENS UITSTEL!

Maats, ons is bitter jammer, maar ongelukkig gaan ons nie die naweek Kraaifontein toe kan kom nie.

Ons het probeer planne maak, maar ons het ongelukkig te min plekke om te besoek en 'n groot uitdaging is dat ons nie 'n geskikte braaiplek het nie.

MAAR MOENIE BEKOMMERD WEES NIE! 😁 Ons het darem nou 'n lekker braaiplek vir volgende naweek gekry!

So ons skuif die hele avontuur net een week aan. ❤️

Ons wil nie sommer net by julle verbygaan nie – ons wil lekker kuier, mense ontmoet, braai en natuurlik nuwe avonture saam met julle beleef!

Kraaifontein, ons kom nog! Maak solank die kole reg! 😂🔥

Dankie aan almal wat wou help en plekke voorgestel het. Julle ondersteuning beteken baie vir ons!

🔥🌊 PATERNOSTER PART 2 IS COMING, MAATS! 🌊🔥🚨 MAAK REG VIR NOG ’N LEKKER AVONTUUR! 🚨Môre-aand om 18:00 is ons nuwe Braai A...
29/10/2026

🔥🌊 PATERNOSTER PART 2 IS COMING, MAATS! 🌊🔥

🚨 MAAK REG VIR NOG ’N LEKKER AVONTUUR! 🚨

Môre-aand om 18:00 is ons nuwe Braai Adventures – Paternoster Part 2 video LIVE op YouTube! 🎥🤩

Ons vat julle weer saam Weskus toe vir nog lekker vibes, mooi plekke en natuurlik daai lekker Braai Adventures-gees! 😎🔥

So maak solank die koffie, kry die snacks reg en kom kuier saam met ons! ☕🍖

👇 MOENIE UITMIS NIE, MAATS! 👇

🗓️ Môre-aand | 18:00
📺 YouTube: Braai Adventures

Los sommer ’n 🔥 in die comments as julle saam met ons gaan kyk!

LIKE 👍 SHARE 🔄 SUBSCRIBE 🔔

Want by Braai Adventures weet julle mos… waar daar vuur is, is daar ’n avontuur! 😂🔥🇿🇦

🔥🔥 KRAAIFONTEIN, ONS KOM! 🔥🔥Ons vat die pad dié naweek en Braai Adventures is oppad Kraaifontein toe! 😎🔥Die bakkie is ge...
27/10/2026

🔥🔥 KRAAIFONTEIN, ONS KOM! 🔥🔥

Ons vat die pad dié naweek en Braai Adventures is oppad Kraaifontein toe! 😎🔥

Die bakkie is gelaai, die braaigoed is reg en die honger is GROOT! 😂🥩

Ons gaan da wees die naweek, mymaat! 😜

Wie van julle is in Kraaifontein? Kom sê hallo, kom kuier saam en kom kyk watse lekker avontuur ons hierdie keer aanpak! 🇿🇦🔥

Braai, mense, lekker plekke en natuurlik ’n hele klomp nonsens — dis Braai Adventures! 😂🍖

🎥 Hou die nuwe video dop… hierdie een gaan lekker wees! 🔥

🚨🚑 BRAAI EMERGENCY!!! 😂🥩Mense… dinge het nou ernstig geraak! 🤣Na te veel lekker vleis, het shaunaz glo ’n ernstige tekor...
26/10/2026

🚨🚑 BRAAI EMERGENCY!!! 😂🥩

Mense… dinge het nou ernstig geraak! 🤣

Na te veel lekker vleis, het shaunaz glo ’n ernstige tekort aan Plankie Steak opgedoen… en die dokter het net een oplossing gehad:

💉 PLANKIE STEAK SOUS DRIP! 😂😂

Geen gewone medisyne hier nie — net ’n bietjie sous deur die are en sommer vinnig weer reg vir die volgende Braai Adventures! 🔥🥩🤣

Karen sê shaunas moet ophou met die nonsens… maar hy sê die dokter weet waarvan hy praat! 😂

Plankie Steak — Drup sous oor vleis na klaar gebraai! 😋🔥

🌉 BRAAI ADVENTURES – VELDDRIF SE CARINUSBRUG 🌉Ons het sommer ’n vinnige stop gemaak in Velddrif om weer ’n bietjie stil ...
25/10/2026

🌉 BRAAI ADVENTURES – VELDDRIF SE CARINUSBRUG 🌉

Ons het sommer ’n vinnige stop gemaak in Velddrif om weer ’n bietjie stil te staan en na hierdie pragtige stuk van die Weskus te kyk — die bekende Carinusbrug oor die Bergrivier. ❤️

En mense… kyk net hoe mooi is daai uitsig! 😍🌊

Dit laat ’n mens sommer dink dat ons dalk een van die laaste kere is wat ons die ou Carinusbrug presies só gaan sien. Daar is planne vir ’n splinternuwe brug wat die bestaande brug gaan vervang.

Ons het nie al die feite oor die nuwe projek nie, so as ons iets verkeerd het, of as julle enige nuwe updates of inligting het, laat weet ons gerus in die comments. 👇

Maar vir nou… kom ons waardeer net die ou brug en die ongelooflike uitsig wat hy al vir soveel jare vir Velddrif gegee het. 🇿🇦❤️

Velddrif… jy bly mooi!

🌮🔥 BRAAI ADVENTURES 🔥🌮Charlize en Lester het vir ons hierdie naweek heerlike steak tacos gemaak… en mense, ek sê vir jul...
25/10/2026

🌮🔥 BRAAI ADVENTURES 🔥🌮

Charlize en Lester het vir ons hierdie naweek heerlike steak tacos gemaak… en mense, ek sê vir julle — dit was sommer nét lekker! 🤤🔥

Met Tafelberg in die agtergrond, ’n lekker warm dag en goeie kos saam met goeie mense… wat meer kan ’n mens vra? 😎🌅

Ons nuwe video is LIVE op YouTube! 🎥🔥
Kom kuier saam met ons vir nog ’n lekker Sondag Kos met Braai Adventures — vol lekker kos, lekker plekke en natuurlik ’n paar lekker Adventures! 😍

👉 Gaan loer gerus op ons YouTube-kanaal en geniet die video saam met ons!

Braai Adventures — ons vat julle saam! 🔥🍖🌊

20/10/2026

Weskus spens

20/10/2026

Paternoster full video coming soon

Address

Laaiplek

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Braai Adventures posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Braai Adventures:

Shortcuts

Share

Nearby home improvement businesses


Other Laaiplek home improvement businesses

Show All