14/09/2026
🔨 WIE IS LOUW CUPBOARD DESIGNS? 🔨
Agter elke kas is daar ’n storie, en agter Louw Cupboard Designs is daar ’n passie vir vakmanskap wat al van kleins af gekweek is.
Luan Louw is die man agter Louw Cupboard Designs, met sy broer Rico Louw aan sy sy om hom te ondersteun. 👊🏻
Luan het die kuns van kastebou by sy pa geleer, wat hierdie vakmanskap as ’n professionele beroep in die Wes-Kaap beoefen.
Van jongs af het Luan as seuntjie saam met sy pa gewerk – van kyk en leer tot self begin bou en skep. 🪚
📍Gevestig in Upington en met ongeveer 17 jaar se ervaring in die kastebedryf, bring Luan nie net kennis en vaardigheid na elke projek nie, maar ook ’n waardering vir goeie vakmanskap wat oor geslagte heen aangeleer is.
Vir ons gaan dit oor meer as net kaste.
Dit gaan oor kwaliteit, goeie ontwerp, aandag aan detail en om iets te skep waarop jy trots kan wees. 🤎