28/10/2026
𝐎𝐨𝐩 𝐓𝐮𝐢𝐧𝐞 𝟐𝟎𝟐𝟔 was 'n fees en ons harte is so vol. 🥰
Oor twee Saterdae het ons saam met mede-tuinliefhebbers deur pragtige tuine gekuier, oor rose gesels, wenke uitgeruil en saam piekniek gehou op die mooiste grasperke in die Goudvelde. Dit was veel meer as net ’n geleentheid om tuine te besigtig – dit was ’n viering van die mense, die passie en die gemeenskap agter elke tuin. Ons het sonder twyfel van die mooiste tuine in die land!
’n Hartlike dankie aan Leonore, Tania & Fanie, Elize & John, wat hul hekke én harte vir ons oopgemaak het. Ons weet hoeveel tyd, moeite en liefde daarin gaan om ’n tuin vir ander te deel. Baie baie dankie vir julle moeite en dat julle ons so hartlik verwelkom het. 💚
En aan elkeen wat die pad aangedurf het, soms ook oor ’n grondpad of twee: dankie dat julle deel was daarvan. Julle het hierdie twee Saterdae so spesiaal gemaak.
Ons deel net so paar foto's 'wat ons gekry het - jy daar was, sal ons baie graag wil hoor hoe dit vir jou was?